Ons kurrikulum hier by Babbels bestaan uit genotvolle, stimulerende aktiwiteite wat ons kleingoed n hupstoot gee vir hul toekoms. Ons deel ook met trots dat die volgende wonderlike buitemuurse aktiwiteite deel van ons kurrikulum is...
Ons het n omvattende reeks opvoedkundige speletjies bymekaar gesit wat gemik is om ons kleingoed voor te stel aan die rekenaar wereld. Al die programme is gebruikersvriendelik en maak voorsiening vir al ons 2 tot 6 jarige Babbel maatjies. Elke les bevat opvoedkundige speletjies wat spesifieke areas in ons kurrikulum aanvul.
Almal is bewus van die voordele wat musiek inhou vir kinders, daarom het ons n musiek program in ons kurrikulum ingewerk. Ons musiek program fokus op die ouditiewe perseptuele vaardighede en ook kognitiewe ontwikkeling by ons kinders.
Ons het n wye verskeidenheid opvoedkundige speletjies, legkaarte, blokke en toerusting vir ons Babbel maatjies om te verken en te geniet terwyl hulle leer.
Elke kind hou daarvan om hul eie eet goedjies te maak en te versier, daarom het ons die stimulerende "Bak en Brou" klassies by ons kurrikulum ingesluit. Hierdie aktiwiteit ontwikkel ons kleingoed se sintuie en kreatiwiteit.
Ons het hierdie program in ons kurrikulum ingewerk omrede kinders wetenskap geniet. Hulle raak graag betrokke en dit prikkel nuuskierigheid, terwyl wetenskap ons kleingoed help om die wereld en alledaagse lewe om hulle te verstaan.
Babas tot Graad R geniet ons stimulerende sensoriese aktiwiteite wat sien, voel, ruik en proe sintuie stimuleer.
Ons groot motoriese program stel ons kinders in staat om elke dagse takies te verig, soos loop, hardloop, spring, speelgrond vaardigheid (bv. klim) en sport vaardighede (bv. vang, gooi en om n bal met n kolf te kan slaan).
Ons fyn motoriese program fokus op die verbetering en ontwikeling van ons verfynde spiere wat ons gebruik om ons hande en vingers te beheer. Hierdie vaardigheid is belangrik om takies soos, skryf, self te voer, knope vas te maak ens te verrig.