"Ons is nie net onderwysers nie, ons is die argitekte van die wereld se grootste hulpbron: KINDERS"
- Robert John Meehanla
Ons skool en alles wat ons aanbied word toegewy aan die Here. Al ons onderwysers is Christene en alle klasse word volgens Christelike beginsels aangebied. Elke week word n Bybel storie vertel en verduidelik. Ons werk op n weeklikse tema verbande program waarin Christelike beginsels en waardes ingewerk is. Gebed is deel van ons daaglikse program.
Ons het n elektriese heining reg om die skool. Ons sekuriteits hek by ontvangs het n magnetiese slot sisteem. Ons skool beskik oor CCTV kameras binne en buite die hele skool. Ons is opgekoppel met 'Beagle Watch Armed Response' wat ook gereeld die area patroleer.