Ons is n Afrikaanse Christelike kleuterskool wat omsien na die opvoeding en onwikkeling van babas tot Graad R.
Babbels se leuse is: “Ons babbel vir Jesus” en hier streef ons daarna om u kleinding die beste moontlike opvoeding en onderrig te gee. Ons personeel het ‘n passie vir kinders en ons fokus is om ons kleingoed toe te rus met kennis, liefde, selfstandigheid, selfvertroue en dissipline.
Ons bied gesonde geballenseerde etes alles in n stimulerende en interessante huislike omgewing aan.
Gesondheid en veiligheid is vir ons baie belangrik. Ons personeel is verplig om jaarliks hul noodhulp en CPR kurses te hernu. Vir u gerief maak ons hekke reeds om 06h00 in die oggend oop, maar ons formele skooldag begin eers 08h00. Die skool sluit dan weer 18h00.
Ons skool beskik oor sekuriteitskameras by die hekke, op die speelgrond en in al die klasse.